Aangrensend aan die Bos, die woonplek van Koelemani en die diere le n pragtige plaas. Die baas van die plaas, boer met beeste. Die boer maak botter van die room wat. hy uit die melk kry. Die botter word in ‘n koelkamer gebere totdat daar genoeg is om op die dorp te verkoop.
Koelemani besit die allermooiste klein motorfietsie waarmee hy ry wanneer hy ver van sy huis wil gaan kuier. Gereeld gaan kuier hy by Boer op die plaas. Boer gee graag vir horn karringmelk om te drink en ook om huis toe te neem. Boer se kindertjies speel ook baie graag met die klein ou mannetjie en luister graag na die stories wat hy vertel.
Terwyl Koelemani eendag oppad is om vir Boer te gaan kuier ontmoet hy vir Jakkals wat sommer doelloos deur die Bos dwaal. “Goeie more Jakkals” groet hy. “Het jy dan nie werk om te doen nie?” Jakkals antwoord “nee ek het nie werk nie want vandag ontspan ek net”. “Aangesien jy dan ontspan kan jy maar saam met my ry sodat ek jou aan Boer en sy kinders kan gaan voorstel” nooi Koelemani hom.
Die plaas was vir Jakkals ‘n baie interessante plek veral die koelkamer waar al die botter gebere word. Terug in die Bos begin Jakkals dadelik om sy planne agtermekaar te kry. Sy eerste gedagte gaan uit na sy ou groot vriend Wolf wat saam met sy gesin in ‘n erdvarkgat aan die buitekant van die bos woon.
Gedurende ‘n wandeling ontmoet Jakkals vir Wolf. Hy was besiq om heuning uit ‘n dooie, hol boomstam te haal. “Goeie dag ou Wolfie” groet Jakkals. Los liewer die heuning en gaan saam met my om te gaan verken wat op Boer se plaas aangaan. “Sonder baie praat val die twee in die pad. Omdat Wolf ook baie lief was vir botter het sy belangstelling ook by die koelkamer bly vassteek.
Jakkals praat nie ‘ n enkele woord oor die botter nie. Hulle keer al pratende oor hul gesinne wat hongerly na die Bos terug.
Na ‘n week nooi Jakkals weer vir Wolf saam na die plaas maar die keer in die nag. Om op die plaas te kom moes hulle met ‘n sandpad langs loop. Skielik maak Jakkals of sy voet baie seer is, “Ag ou Wolfie, dra my asseblief, dit voel of my poot wil afval so seer is dit. “Wolf dra hom toe tot by die koelkamer. Dit moes seker toeval wees. Die deur van die kamer staan half oop. Die twee stap in.
Die rakke staan vol stene botter en dit ruik ook so lekker. Sonder dat Wolf dit merk steek Jakkals n paar stene in sy sak. Met die terugreis Bos toe kerm Jakkals weer oor sy seer poot en Wolf moes hom maar weer dra.
