THE ROBBERTZE LINEAGE

In honour of the unity, compassion, and legacy of the Robbertze family.

Sum qui sum, unum sumus.

THE ROBBERTZE LINEAGE

In honour of the unity, compassion, and legacy of the Robbertze family.

Sum qui sum, unum sumus.

Genealogy

Die stamvader van die Robbertsz familie was Peter Robbertzs, afkomstig uit Neustadt, ‘n stad aan die oossee in die provinsie Holstein.

Dit is nie seker wanneer Peter in Kaapstad gearriveer het nie, maar in 1693 was hy ‘n sersant in diens van die V.O.C. Deur sy huwelik met Sophia Schalck van der Merwe, weduwee van Rudolf Pasmann, kom hy in 1696 in besit van die plaas “Rustenburg”, naby Stellenbosch en in Februarie 1699 word die plaas wettig aan hom toegeken. Rustenburg was 92 morge groot en net langs “Idas Vallei” en “Schoongezight” geleë. In 1701 word Robbertsz ‘n heemsraadslid van Stellenbosch en van 1703 tot 1705 neem hy waar as landdros.

Peter Robbertsz was ‘n hardwerkende boer wat vir hom ‘n groot boerdery opgebou het. Volgens die Opgaafrol van 1733 het die weduwee van Peter Robbertsz die volgende besit:

1 Kneg | 20 Slawe | 6 Slavinne | 4 Jongetjies | 3 Meidjies | 50 Perde | 200 Beeste | 1000 Skape | 20 Varke | 30 000 Wingerdstokke | 16 Lêers Wyn | 40 Mud tarwe gesaai | 270 Mud tarwe gewen.

Wanneer Peter Robbertsz oorlede is, is nie seker nie.

Op 25 Januarie 1696 is Peter Robbertsz met Sophia Schalck van der Merwe, ook bekend as Fytjie Schalk, weduwee van Rudolph Pasmann, getroud. Sy was die oudste van die 13 kinders van Willem Schalk van der Merwe en Elsje Cloete, dogter van Jacob Cloete en Fytje Raderootjies.

Sophia Schalck van der Merwe is op 2 November 1670 gedoop en op 12 November 1684 met Rudolph Pasmann getroud. By hom het sy vyf kinders gehad, een seun en vier dogters. Op 25 Januarie 1696 is sy met Peter Robbertsz getroud, by wie sy nog een seun gehad het, Jan Robbertsz.

In die stryd tussen die burgers en goewerneur W A van der Stel het Peter Robbertsz neutraal gestaan met die gevolg dat albei partye hom gewantrou het. Adam Tas skryf dat ‘het een zeekere saak is dat die vent verklikkers ambaght sterk oeffent”. (L. Fouche, Dagboek, p.176), terwyl landdros Starrenburg op 22 September 1706 aan Van Der Stel skryf dat Robbertzs, as hy wou, baie inligting omtrent die opstandige burgers sou kon gee, maar “tegen mij houdt hij sigh seer ingetogen.” (Dagboek, p177 n.)

Dit is duidelik dat die verhouding tussen Peter Robbertsz en Adam Tas nie baie vriendelik was nie. Tas noem hom gewoonlik spottend ‘den Oud Noordsen landdrost” of “Piet Rob”. Op 21 Julie 1705 verhaal Tas van ‘n deftige maaltyd wat op die plaas van Pieter van der Byl gehou is en “onder andreen vonden we daar (zonder hom te zoeken) den Oud Noorden Landdrost Robbertsz. Die vent zag er zeer raar uijt en geleek niet qualijk een eezel die wijwater geslobbert heft! Voorts liep hij zoo wat swerven al seen swallow met een wiek, jij zag datter niemand van die anders vrunden veel werk van hem maakte.” (Dagboek, p. 84)

By ‘n ander geleentheid verwys Tas na Sophia Robbertsz as “het onbeschofte wijf van den oud noordsen landdrost Robbertsz”. (Dagboek, p. 86). Die rede vir hierdie krasse uitlating van van der Tas was omdat Sophia sy skoonsuster, Barbara van Brakel, by ‘n verjaarsdagpartytjie van Helena du Toit, uitgeskel het en gedreig het om haar te slaan.

Jan Robbertsz

Hy was die enigste kind van Peter Robbertsz en Sophia Schalk van der Merwe.

Op 6 Augustus 1730 is hy getroud met Anna Sophia Hörsel, tweede kind van Heinrich Goszelke (ook Gossel, Gorsel of Gorselke genoem) en Christina Bastiaansz, van die Paarl.

In die eerste uitgawe van C C de Villiers se Geslagsregister word Anna Hörsel, Anna Sophia van den Berg genoem. Haar moeder, Christina Bastiaansz is na die dood van Heinrich Gozelke met Johann Heinrich Meintjies van Mȕnsterland getroud. In die testament van sy dogter, Anna Elizabeth (O.C. 8/103) word hy egter Heinrich Meintjies van den Berg genoem. Vandaar waarskynlik die verwarring.

Volgens die opgaafrol van Drakenstein in 1773 (J. 158, p.5), het Jan Robbertsz die volgende besittings gehad:

2 dogters | 1 snaphaan | 1 degen

Hy was eers lidmaat van die gemeente Drakenstein en later van Kaapstad. In 1758 is hy oorlede.

Uit die huwelik van Jan Robbertsz en Anna Hörsel is nege kinders gebore:

Jan Hendrik Robbertse

Hy is op 29 Julie 1742 in die gemeente Kaapstad gedoop.

Op 3 April 1768 is hy met Geertruy van der Linde getroud, ouste dogter van Leendert van der Linde.

Jan Hendrik Robbertse en sy vrou was woonagtig op die plaas Zwagershoek. Uit hulle huwelik is elf kinders gebore:

Jan Hendrik Robbertse

Gedoop 19 Maart 1775, burger van Graaff Reinet.

Getroud op 8 April 1799 met Heyla Magdalena de Beer.

Uit die huwelik is Jan Hendrik Robbertze gebore (1800) wat getroud was met Magdalena Catharina van der Linde,